Sale!

Bak en Brou

Original price was: R170.00.Current price is: R140.00.

Meng dit saam en jy kry die GROOTSTE HASIE-BAK-EN-BROU-KOMPETSIE van die JAAR!

Jan-Daniël is mal oor bak. Hy bak graag kaneelrolletjies, krummelrige brosbeskuit, karringmelk-koekies en sy gunsteling – sjokoladekoek. Daarom is Jan-Daniël baie opgewonde toe hy op ’n dag ’n uitnodiging kry om aan die Groot Hasie-bak-en-brou-kompetisie deel te neem. Daar is net een probleem: Jan-Daniël is nie ’n hasie nie – hy is ’n wolf. Daarom besluit hy om hom te vermom en aan die kompetisie deel te neem. Eers lyk dit of Jan-Daniël die ander deelnemers ’n ding of twee gaan wys, maar dinge loop lelik skeef toe een van die deelnemers probeer kul. Dan kry Jan-Daniël egter hulp uit ’n onverwagse oord – en hy ontmoet boonop iemand wat net soveel soos hy van sjokoladekoek hou!

Kleuters sal hulle lippe aflek vir hierdie heerlike bak-en-brou-storie vol aksie, avontuur en smullekker sjokoladekoek!

1 in stock

Share
Description

Privacy Preference Center